Daan begrafnis

Sovele jare en evaringe is agter ons. 

Die impak van ons ouers en die lewe is kosbaar en hierdie is die unieke kans om te deel, te geniet en saam daaruit te groei.

Ons moes nou vir Daan groet. Tagtig jare met ons gewees en so besonder om saam daar te kon wees. 



















By die begrafnis kon ons ook die besondere dooprokkie vir mekaar wys.

Klompe van ons en ons kinders is daarin gedoop. 







En die wonderlike brief van haar Ouma Joey aan Hanlie: 



1 Die dooprokkie se eerste eienares van grootouma Maria de Wet van Tulbach, getroud met Daniël Brink.

2 Dit was ‘n geskenk aan haar uit Indië van haar vriendin Joey Verster, ook van Tulbach, getroud met ‘n Engelse Skeepskaptein. Ouma is vernoem na haar.

3 Al grootouma se kinders, Tannie Dora, Ouma, Oom Boetie, Tannie Baby, Tannie Marie en Tannie Etha is gedoop in die rokkie en almal of byna almal die kleinkinders ook.

4 Van die kleinkinders is almal jou ooms en tannies daarin gedoop behalwe oom Danie (tweeling). Hy is gedoop in Oupa Jan se dooprokkie.

5 Toe jou pappa gedoop is moes ouma alleen saam met die ander ouers voor die preekstoel staan, want Oupa moes die babas doop. Toe Pappa se beurt kom, het Oupa die baba uit Ouma se arms geneem, in sy linkerarm vasgehou en hom met die regterhand gedoop. Die valle van die dooprokkie het so pragtig gelyk soos dit afgehang het voor Oupa se swart toga.

6 Jy, Hanlie, erwe die rokkie omdat Tannie Dora nie ‘n kleindogter het nie en jy is Ouma se oudste kleindogter met Ouma se naam, gedoop in die rokkie.


7 Bewaar dit, dalk kan ‘n dogtertjie van jou ook eendag in dit gedoop word.









No comments:

Post a Comment