Vuurwarm Nuus!



AAN ONS ERE PAKAAS LEDE


Ons naweek word nou 'n werklikheid. Kry sommer lekker!


Ria en Giel gaan al Vrydagaand saam met ons op Kleinmond slaap. Johan is dan ook al by.

Danie Bossie en Marianne kom eers Saterdagoggend want Marianne hou eers verjaardag Vrydag.

Nou wag ons net om te hoor wanneer Dorea en Blom in die Kaap aanland, dan reël ons dat hulle opgelaai word. Danie Ferreira moet ook nog vir ons laat weet waarvoor hy kans sien. Aangesien hy die oudste is, sal dit lekker wees as hy ook kan kom, al is dit net vir 'n paar uur.

Van Zyl en Alrina gaan in die huis 'n ent van ons af slaap. Hulle hoop dat hul kind Johan, Sonja en die klein Brinkie dan al daar sal wees uit New York.
Van der Spuy en Retha sal ook iewers in Kleinmond slaap, so hulle is naby vir lekker kuier.

Ons is baie spyt dat Billy nie by is nie, hy kom eers die 26 ste Maart uit Engeland, maar Beverly kom beslis saam kuier. Ons gaan nog Nico se arm draai dat hy nie anders kan as om oor te slaap nie.

Marianne en Robin word genooi vir Sondag middagete, wil darem net vir die res van die familie wys hoe goed die jongste van die Pakaas haar jare dra!

Wat die kos betref sal daar hopelik iewers 'n vissie gebraai word, al moet ons dit by Checkers koop(!). Op Kleinmond is daar 'n winkeltjie wat baie lekker vars vrugte en groente verkoop, ons sal hulle beslis ondersteun. By die hawe is daar ook lekker winkeltjies om by te gaan draai. Alrina se broer Nellis en sy vrou het 'n baie oulike winkel waar mens droë vrugte van Montagu kan koop.

Vir die boekwurms is daar “Oupa se boekwinkel” waar jy jouself kan verloor tussen al die 2de handse boeke. O ja, moenie die stapskoene en krierie vergeet nie, die sonhoede en sonbrandmiddel. Daar is 'n baie lekker paadjie al langs die kus af.

Hoop julle is nou almal reg vir kom en reg vir lekker kuier.


Groete, Danie en Mariet



No comments:

Post a Comment